
ALGEMENE INLIGTING
-
Skooltye: 7:30 - 13:30 (Gr1 & 2 12:30 Gr3: 13:00) Dinsdae, Donderdae en Vrydae
` Maandae en Woensdae 7:30-13:00 (Sportperiode 13:00-14:00)
-
Pouses 9:30 - 9:50 & 11:50 - 12:00
-
Geen leerder mag die skoolterein verlaat gedurende skoolure, sonder toestemming van die skoolhoof nie.
-
Geen personeellid mag besoek ontvang by sy/haar klas gedurende skoolure nie. Ouers word versoek om by die kantoor aan te meld.
-
Busgelde is stiptelik betaalbaar binne die eerste twee weke van die kwartaal. Bewaar asb. alle kwitansies vir moontlike verwysings.
-
Skoolgelde is betaalbaar binne die eerste week van elke maand vir die eerste 10 maande van die jaar.Skoolgeld is onderhewig aan die goedkeuring van die Beheerliggaam en ouervergadering.
-
Musiekonderrig is buite-kurrikulêr en 'n ekstra, ouers is verantwoordelik vir die betaling hiervan.
FORMELE SKOOLDRAG
Seuns:
Somer - Wit kortmouhemp (met Nelsdrif wapen) en grys kort broek.Lang grys kouse,swart veter skool skoene. Skooltrui, of pullover.

Seuns:
Winter - Wit langmouhemp (sonder skoolwapen), skooldas en skool trui, dik Nelsdrif warm baadjie.

Dogters:
Somer – Check skoolrompie. Wit kort sokkies, wit kortmou Nelsdrif hemp met swart skoolskoene (optioneel).

Dogters:
Winter - Wit langmouhemp, grys langbroek, grys lang kouse swart skoene, skooltrui, pull over en dik warm Nelsdrif baadjie.

Sport:
Nelsdrif Gholfhemp en swart Nelsdrif kortbroek.
​

Sport:
Nelsdrif Gholfhemp en Nelsdrif sweetpak.
​

BUITEMUURS
Atletiek
Netbal & Rugby
Voortrekkers



VOORKOMS
Seuns:
Hare netjies en kort.
Naels netjies versorg.
Dogters:
Kort, of lang hare. Lang hare moet netjies vasgemaak word - wit, ougoud, of wynrooi rekkies en/of linte.
Goue/Silver bolletjie-tipe oorbelle. Geen ander juwele nie.
Naels netjies versorg, geen naellak.