
Op die Sandrivier se oewer is ‘n agtergrond geskilder van ‘n pragtige natuurskoon. Daar lê genestel ‘n skool waar die ryke tradisies van die verlede gekoester word sonder om te vergeet om toekomsgerig te wees. Hier bou kinders ‘n pragtige toekoms, om as Nelsdriwwer hulle plekke in hierdie mooi land vol te kan staan.
Nelsdrif is ‘n plaasskool waar die onderwysers nie net onderwys gee nie, maar die basis skep wat verseker dat kinders as waardige landsburgers ‘n bydrae kan maak op alle terreine van die samelewing.
Die dinamika van ‘n veranderende Suid-Afrika vra ‘n dinamiese benadering tot onderwys en opleiding – iets wat in oormaat hier te kry is. ‘n Kind is nie net ‘n kind nie, hy/sy is ‘n kosbare kleinnood wat die Hemelse Vader aan ons geskenk het om te koester en volgens Sy wil op te lei en toe te rus vir die lewe. Nelsdrif se waardes: glo, respek, gehoorsaamheid, omgee en eerlikheid lê geanker in Christus. Daarom poog ons om te verseker dat Nelsdrif, sy ouers, leerders en onderwysers dié waardes uitleef.
Die vraag is dus nie of jy hierna toe moet kom nie, die vraag is eerder wanneer jy kom, want dit is hier waar jy die beste belegging in jou toekoms gaan maak!
Nelsdrif! Waar elke kind saak maak!!
















Unieke plaasskool...
​
Sedert 1949
​
-
Aangewys as een van die top 100 skole in die Vrystaat!
-
Akademie: ‘n Spankundige, toegewyde onderwysers.
Kleiner klasse - meer individuele aandag.‘n Groot groep presteerders, oud-Nelsdriwwers blink ook uit in hul onderskeie hoërskole.
-
Sport: Atletiek, netbal, rugby, tennis, krieket, skaak. Ons streef na 100% deelname.
Playball, tag-rugby, mini-netbal, mini-krieket, Gr 1 & 2 tennis
-
Kultuur: Voortrekkers, musiekonderrig, debat.
-
Pre-Primêre Skool: Goed toegeruste skooltjie op die terein, Gr R (5,6-jariges) en 3-4 jariges. Twee opgeleide onderwysers.
-
Busvervoer: Busse uit Welkom, Riebeeckstad, Theunissen, Wesselsbron, Bultfontein en Virginia.
-
Ouers: Betrokke, lojale ouers wat die skool ondersteun en bydra tot die sukses.
​
-
Rustige plaasatmosfeer: Oesdae
​